Gefokusde Verkope Opleiding vir die Landbou Sektor.

Welkom by Agri Sales Academy Africa

ASA-Africa! ‘n span toegewyde, ervare en passievolle professionele persone in die landbou sektor. Ons primêre doel is om verkope personeel en verkope agente toe te rus in die landbousektor met ‘n oorvloed van kennis, die regte vaardighede en ‘n positiewe houding wat hulle sal help om baie meer kliënt-gesentreerd te word, om die regte oplossings vir hul kliënte te bied, en om meer suksesvol te wees meeste van die tyd.

FOKUS AREAS

ASA Africa! streef daarna om die regte besigheid fokus areas te teiken deur ‘n geintegreerde proses van konsultasie, opleiding en afrigting te implementeer, in lyn met elke klient se visie, missie en doelwitte.

VOORDELE

Die optimale prestasie van die onderneming en die doelgerigte aanwending van all hulpbronne om volhoubare winsgewindheid te verseker is die spilpunt. Gaan kyk gerus na al die voordele wanneer ASA Africa! betrokke raak.

KURRIKULUM

ASA Africa! se primêre fokus is opleiding. Ons het ‘n standaard kurrikulum van programme wat ook aangepas word by elke kliënt se spesifieke behoeftes. Gaan kyk gerus na die kurrikulum.

Verbetering van die strategiese oplossing verkoopsvermoë en verkoopsprestasie van landbouhandelbesighede